WET
Om die sosio-ekonomiese en ander koste van alkoholmisbruik te verminder; om die ontwikkeling van 'n verantwooordelike en volhoubare drankbedryf te bevorder; om 'n Drankowerheid in te stel wat verantwoordelik is vir die registrasie van mikro-vervaardigers en kleinhandelverkopers; om 'n aansoekprosedure vir sodanige registrasie te voorsien; om vir voorwaardes vir registrasie te voorsien; om 'n doelmatige toepassings- en klagtemeganisme te vestig; en om voorsiening te maak vir sake wat daarmee verband hou.
INHOUD
HOOFSTUK 1
WOORDOMSKRYWINGS, INTERPRETASIE, DOELSTELLINGS EN TOEPASSING VAN
DIE WET
Woordomskrywings en interpretasie
Doelstellings van die Wet
Toepassing van die Wet en amptelike tale
HOOFSTUK 2
BEPERKINGS
Verbodsbepalings
Geregistreerde aktiwiteite vanaf geregistreerde persele
Verbodsbepalings betreffende indiensneming in drankbedryf
Reklamebeperkings
Verbod op die voorsiening van drank of brandspiritus aan minderjarige
HOOFSTUK 3
Instelling van die Owerheid
Samestelling van die Owerheid
Bevoegdhede en funksies van die Owerheid
Diskwalifisering van lidmaatskap van die Owerheid
HOOFSTUK 4
VERGOEDING EN ADMINISTRASIE VAN DIE OWERHEID
Ampstermyn en vergoeding van lede van die Owerheid
Aanstelling van hoof uitvoerende beampte
Ontruiming van amp deur hoof uitvoerende beampte
Personeel van die Owerheid
Administrasie van die Owerheid
Sittings van die Owerheid
Rekord van sittings
Oudit van Owerheid
HOOFSTUK 5
REGISTRASIEPROSES
Registrasie
Bepaling van aansoek
Registrasievoorwaardes
Sertifikaat, geldigheid en openbare kennisgewing van registrasie
Aansoekprosedure vir registrasie
Verslae oor aansoek
Besware
Reaksie op besware
Aanhoor van besware
Aansoek, registrasie en hernuwingsgelde
Wysiging van registrasievoorwaardes
Verandering of uitbreiding van geregistreerde perseel
Oordrag van registrasie
Dood, insolvensie of onbevoegdheid van geregistreerde persoon
Verwydering van registrasie
Kansellasie en verstryking van registrasie
Vrywillige kansellasie
Kansellasie as gevolg van likwidasie, sekwestrasie of dood
Provinsiale rekord van registrasies
HOOFSTUK 6
BINNEVERBRUIK EN BUITEVERBRUIK REGISTRASIE
Tipes registrasiesertifikate
Plek waar drank of brandspiritus verkoop word
Besigheidsure
Plek vir binneverbruik van drank
Akkommodasie-onderneming
Restaurant
Klub
Taverne
Drankkroeg
"Pool" klub
Sorghumbier binneverbruik
Spesiale geleenthede
Dobbelary
Nagklub
Buiteverbruik van drank of brandspiritus
Drankwinkel
Kruidenierswyn
Sorghumbier buiteverbruik
HOOFSTUK 7
NAKOMING
Aanwysing van polisiebeamptes
Aanwysing van inspekteurs
Funksies en magte van inspekteurs
Plig om dokumente voor te lê, vrae te beantwoord en inspekteur by te staan
Nakomingskennisgewings
Beswaar teen nakomingskennisgewing
Tussentydse bevele
Hersiening van besluite van Owerheid
Betreding met 'n lasbrief
Betreding sonder 'n lasbrief
HOOFSTUK 8
MISDRYWE, STRAWWE EN KLAGTES
Misdrywe
Strawwe
Toerekening van kriminele aanspreeklikheid
Klagtes
Verwydering vanaf perseel
HOOFSTUK 9
REGULASIES
Bevoegdheid om regulasies uit te vaardig
Prosedure by die uitvaardiging van regulasies
HOOFSTUK 10
ALGEMENE BEPALINGS
Beperking van aanspreeklikheid
Geldigheid van registrasie onderhewig aan opskorting en verstryking daarvan
Delegasie van bevoegdhede
Korttitel en inwerkingtreding
DAAR WORD BEPAAL deur die Provinsiale Wetgewer van die Provinsie Vrystaat, soos volg:-
Engelse teks deur die Premier bekragtig en geteken.
HOOFSTUK 1
WOORDOMSKRYWINGS, INTERPRETASIE, DOELSTELLINGS EN
TOEPASSING VAN DIE WET
Woordomskrywings en interpretasie
 In hierdie Wet, tensy die konteks anders bepaal, beteken -
akkommodasie-onderneming" enige plek waarin of waarop die bedryf van akkommodasievoorsiening met of sonder maaltye gevoer word vir wins;
applikant" 'n persoon wat aansoek gedoen het om ingevolge die Wet geregistreer te word;
beheer" het 'n soortgelyke betekenis soos beoog in die Wet op Mededinging,
bier" sluit in -
a aal, "cider" en "stout" ; en b enige ander gefermenteerde drank, behalwe tradisionele Afrika-bier -
i wat vervaardig of verkoop word onder die naam 'bier', 'aal', 'cider' of stout', indien dit meer as een persent per volume alkohol bevat; of ii wat as bier verklaar is ingevolge artikel 422a van die Nasionale
Drankwet;
brandspiritus" spiritus gedenatureer ooreenkomstig enige wet oor die denaturering of metilisering van spiritus, of spiritus of enige ander gedenatureerde, geneeskundig toebereide, geparfumeerde of andersins behandelde spiritus kragtens enige wet tot "brandspiritus" verklaar;
departement" die provinsiale departement verantwoordelik vir drankaangeleenthede in die Provinsie;
dobbelary" die speel van enige casino-speletjie soos beoog in die Vrystaatse Wet op Dobbel en Wedrenne, 1996 (Wet Nr. 6 van 1996) en "dobbel" het 'n soortgelyke betekenis;
drankaangeleenthede" sluit brandspiritus in en "drankverwante" het 'n soortgelyke betekenis;
drank" beteken -
a) 'n drankproduk, soos in artikel 1 van die Wet op Drankprodukte, 1989 (Wet
b bier of tradisionele Afrika-bier; of c enige ander stof of drank wat as sterk drank verklaar is ingevolge artikel
 (a) van die Nasionale Drankwet;
gemagtigde handelaar" het 'n soortgelyke betekenis soos gebruik in die
Brandspiritus Regulasies wat ingevolge die Nasionale Drankwet uitgevaardig is;
geregistreerde" 'n persoon wat ingevolge hierdie Wet geregistreer is;
geregistreerde perseel" 'n perseel wat ingevolge hierdie Wet geregistreer is;
geregistreerde persoon"
a 'n mikro-vervaardiger of kleinhandelverkoper; of b 'n persoon wat in die hoedanigheid van 'n werknemer of agent optree van 'n persoon waarna in paragraaf (a) verwys word;
Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
hierdie Wet" sluit enige bylae, en enige regulasie of kennisgewing in wat kragtens hierdie Wet gemaak is;
hoof uitvoerende beampte" die hoof uitvoerende beampte aangestel ingevolge artikel 15 ;
Hoof van die Departement" die Hoof van die departement verantwoordelik vir drankaangeleenthede in die Provinsie;
huishoudelike vennootskap" die huweliks- of nie-huweliksverhouding tussen ongetroude mense van dieselfde of teenoorgestelde geslag;
inspekteur" 'n persoon wat ingevolge artikel 62 as sodanig aangewys is;
kleinhandelverkope" die verkoop van drank of brandspiritus vir die doeleindes van verbruik;
kleinhandelverkoper" 'n persoon wat geregistreer is om drank of brandspiritus te verkoop, of wat drank vir verkope beskikbaar stel vir verbruikdoeleindes;
konkoksie" enige stof wat onveilig is vir menslike verbruik;
mikro-vervaardiger" 'n persoon wat as sodanig geregistreer is om drank of brandspiritus te vervaardig op of onder die volume-drempel wat deur die
Nasionale Drankwet voorgeskryf word;
minderjarige" 'n persoon wat nog nie die ouderdom van 18 jaar bereik het nie;
munisipaliteit" 'n kategorie A of C munisipaliteit soos omskryf in die Wet op
Plaaslike Regering: Munisipale-stelsels, 2000 (Wet Nr. 32 van 2000);
Nasionale Drankwet" die Drankwet, 2003 (Wet Nr. 59 van 2003), met inbegrip van enige regulasies wat kragtens dit uitgevaardig is;
Nasionale Minister" die Minister soos omskryf in artikel 1 van die Nasionale
Drankwet;
openbare vervoer" vervoer wat die publiek geregtig is om te gebruik;
Owerheid" die Vrystaatse Drankowerheid wat ingevolge hierdie Wet ingestel is;
perseel" sluit in enige plek, terrein, gebou of vervoermiddel, of enige gedeelte daarvan;
persoon" sluit in 'n trust, en enige ander entiteit wat vermeld word in die omskrywing van "persoon" soos uiteengesit in die Interpretasiewet, 1957 Wet
Provinsie" die Provinsie Vrystaat soos ingestel deur artikel 103 van die
Grondwet en "provinsiale" het 'n soortgelyke betekenis;
register", wanneer as naamwoord gebruik word, die register waarna in artikel 41
verwys word;
regulasie" beteken 'n regulasie uitgevaardig kragtens hierdie Wet;
taverne" 'n plek wat se hoofbesigheid die voorsiening van drank, kos en verskeie vorme van vermaak is;
a het sodanige betekenis soos bepaal ingevolge die Wet op Doeane en
Aksyns, 1964 (Wet Nr. 91 van 1964), indien enige, of b in die afwesigheid van 'n betekenis soos beoog in paragraaf a, het dit die betekenis soos uiteengesit in Bylae 1 van die Nasionale Drankwet;
verkoop" sluit in verruil, aanbied, vertoon, aflewer, voorsien of van die hand sit, vir verkope, of magtig, rig of verkope toelaat;
vervaardig" om drank of brandspiritus te produseer of te botteleer vir die doel of met die voorneme om dit te verkoop;
voorsien", met betrekking tot enige drank of brandspiritus, om 'n persoon in besit of beheer te stel van onderskeidelik daardie drank of brandspiritus;
voorskryf" voorskryf by wyse van regulasie ingevolge hierdie Wet en voorgeskryf" het 'n soortgelyke betekenis; en wyk" 'n wyk soos afgebaken vir doeleindes van plaaslike regeringverkiesings.
Vir alle doeleindes van hierdie Wet, is die vraag of, tydens die produksie, bottelering of verkryging van enige drank of brandspiritus, 'n persoon dit gedoen het met die doel of voorneme om die drank of brandspiritus te verkoop is 'n feit wat afgelei moet word van die omstandighede, met inbegrip van maar nie beperk tot -
a die frekwensie en hoeveelheid van drank of brandspiritus wat geproduseer, gebotteleer of verkry is deur daardie persoon;
b die frekwensie en hoeveelheid van verkope van drank of brandspiritus deur daardie persoon;
c die bestaan of afwesigheid van enige getuienis dat -
i tydens die verkryging van die drank of brandspiritus, die persoon redelikerwyse kon verwag het dat die verkryging en retensie van die drank of brandspiritus kon uitloop op kommersiële voordeel; of ii die persoon die drank of brandspiritus verkry en behou het met die verwagting om kommersiële voordeel daaruit te trek;
d die bestaan of afwesigheid van enige getuienis van advertensie, promosie- of bemarkingsaktiwiteit deur daardie persoon wat betrekking het op die verkoop van drank of brandspiritus; en e die aard van enige verhouding tussen daardie persoon en 'n geregistreerde persoon.
Doelstellings van die Wet
Die doelstellings van hierdie Wet is -
a om die sosio-ekonomiese en ander koste van alkoholmisbruik te verminder deur -
i belangrike nasionale norme en standaarde in die drankbedryf te implementeer soos bepaal deur die Nasionale Drankwet;
ii die mikro-vervaardiging en kleinhandel verkope van drank of brandspiritus te reguleer; en iii voorsiening te maak vir openbare deelname in die oorweging van aansoeke vir registrasie; en b om die ontwikkeling van 'n verantwoordelike en volhoubare drankbedryf te bevorder op 'n wyse wat die volgende fasiliteer -
i intrede van nuwe deelnemers in die bedryf ;
ii diversiteit van eienaarskap in die bedryf;
iii 'n etos van maatskaplike verantwoordelikheid in die bedryf; en iv plaaslike toerisme en ekonomiese groei.
Toepassing van die Wet en amptelike tale
 Hierdie Wet is van toepassing op alle kleinhandelverkope, verbruik en mikrovervaardiging van drank of brandspiritus.
Enige aansoek om registrasie, verwydering of oordrag van registrasie of enige transaksie of verrigtinge ingevolge hierdie Wet, moet geskied in een van die amptelike tale.
HOOFSTUK 2
BEPERKINGS
Verbodsbepalings
 Geen persoon mag -
a die mikro-vervaardiging van drank of brandspiritus; of b die kleinhandelverkope van drank of brandspiritus onderneem sonder om as sodanig geregistreer te wees ingevolge hierdie Wet.
Geen persoon mag 'n konkoksie vervaardig, verkoop, verskaf as drank of bier of dit in sy of haar besit hê nie.
Geregistreerde aktiwiteite vanaf geregistreerde persele
 'n Geregistreerde kan sy geregistreerde aktiwiteite slegs in of vanaf geregistreerde persele uitvoer en in ooreenstemming met hierdie Wet en enige toepaslike registrasievoorwaardes.
'n Geregistreerde kan drank of brandspiritus slegs in geregistreerde persele berg, en in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing en registrasievoorwaardes.
Verbodsbepalings betreffende indiensneming in drankbedryf
 Ondanks enige strydige wet of ooreenkoms, moet 'n geregistreerde persoon nie 'n persoon in diens neem wat nog nie die ouderdom van 16 bereik het nie vir enige aktiwiteit wat verband hou met die mikro-vervaardiging of kleinhandelverkope van drank of brandspiritus, tensy die persoon opleiding of 'n leerderskap ondergaan soos beoog in artikel 16 van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling,
Ondanks enige strydige ooreenkoms, mag 'n werkgewer nie -
a drank of brandspiritus aan enige persoon voorsien as 'n lokmiddel tot indiensneming nie;
b drank of brandspiritus voorsien aan werknemers as of in die plek van lone of vergoeding nie; of c enige bedrag van 'n werknemer se loon of vergoeding aftrek wat verband hou met die koste van drank of brandspiritus -
i wat aan die werknemer of namens die werknemer aan 'n persoon voorsien word; of ii gekoop word deur, of namens, die werknemer.
Reklamebeperkings
 'n Persoon mag nie advertensies gebruik wat -
a enige drank of brandspiritus -
i op 'n valse of misleidende manier voorstel nie, ii op 'n manier voorstel wat minderjariges teiken of hulle belangstelling prikkel; of b enige stof wat ingevolge die Wet verbode is adverteer nie.
'n Persoon mag nie enige stof as drank of brandspiritus adverteer indien sodanige stof nie as drank of brandspiritus in hierdie Wet omskryf word nie.
Verbod op die voorsiening van drank of brandspiritus aan minderjarige
 'n Persoon mag nie drank of brandspiritus aan 'n minderjarige verkoop of voorsien nie.
Ondanks subartikel 1, kan 'n ouer, die volwasse voog van 'n minderjarige of 'n persoon wat verantwoordelik is vir die bediening van godsdienstige sakramente, per geleentheid 'n matige hoeveelheid drank aan 'n minderjarige voorsien wat deur die minderjarige in die teenwoordigheid en onder die toesig van daardie ouer, voog of ander persoon verbruik moet word.
'n Persoon moet redelike stappe neem om noukeurig te bepaal of 'n persoon 'n minderjarige is of nie, voordat drank of brandspiritus aan daardie persoon verkoop of voorsien word.
'n Minderjarige mag nie valse aansprake maak oor sy of haar ouderdom ten einde n persoon te beweeg om drank of brandspiritus aan hom of haar te verkoop of te voorsien nie.
'n Persoon mag nie valse aansprake maak oor ouderdom van 'n minderjarige ten einde 'n persoon te beweeg om drank of brandspiritus aan die minderjarige te verkoop of te voorsien nie.
'n Minderjarige mag nie drank of brandspiritus aan enige ander persoon voorsien nie.
HOOFSTUK 3
Instelling van die Owerheid
Die Vrystaatse Drankowerheid word hiermee ingestel as 'n onafhanklike regspersoon.
Samestelling van die Owerheid
 Die lede van die Owerheid moet deur die LUR aangestel word en moet bestaan uit -
a een werknemer van die departement wat deur die LUR aangewys moet word;
b een lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat deur die Provinsiale
Polisiekommissaris aangewys of gesekondeer is in oorleg met die Lid van die Uitvoerende Raad vir Veiligheid en Sekuriteit, met die rang van minstens n Kaptein;
c een werknemer aangewys deur die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir Plaaslike Regering;
d hoogstens ses 6 ander persone.
'n Lid wat ingevolge subartikel 1 aangestel is kan bedank deur minstens 30 dae kennis aan die LUR te gee.
Die LUR moet die voorsitter en adjunk-voorsitter van die Owerheid aanstel.
Bevoegdhede van die Owerheid
 Die Owerheid kan:
a aansoeke ingevolge hierdie Wet te oorweeg, toe te staan of te weier wat verband hou met -
i die mikro-vervaardiging van drank of brandspiritus; of ii kleinhandelverkope van drank of brandspiritus in die Provinsie;
b enige registrasie wat deur homself goedgekeur is te kanselleer, op te skort of te verander ooreenkomstig dit wat in hierdie Wet beoog word;
c 'n verslag of aanbeveling by die LUR in te dien oor enige aangeleentheid wat na hom verwys word of wat betrekking het op enige saak waarna in paragraaf (a) verwys word;
d enige ander bevoegdheid uit te oefen wat ingevolge hierdie Wet toegeken of opgelê word.
Die Owerheid kan registrasie toestaan ten opsigte van enigeen van die volgende registrasiekategorieë -
a mikro-vervaardiging van drank of brandspiritus;
b kleinhandelverkope van drank vir verbruik binne die perseel; of c kleinhandelverkope van drank of brandspiritus vir verbruik buite die perseel.
Diskwalifisering van lidmaatskap van die Owerheid
 Geen persoon mag aangestel of as lid van die Owerheid dien indien sodanige persoon -
a nie 'n burger van die Republiek van Suid-Afrika is wat in die Provinsie woonagtig is nie;
b 'n ongerehabiliteerde insolvent is; of c 'n regstreekse belang in die drankhandel het;
d skuldig bevind is aan misdryf van hierdie Wet of enige ander drankwetgewing nie;
e die gade of in 'n huishoudelike vennootskap is met 'n persoon met 'n regstreekse belang in die drankhandel; of f kranksinnig is of word soos beoog in die Wet op Geestesgesondheidsorg,
 Die LUR kan, nadat hy of sy 'n lid van die Owerheid 'n geleentheid gegun het om sy of haar saak te stel, te eniger tyd die ampstermyn van die lid beëindig indien -
a daar goeie redes bestaan om dit te doen en dit in die beste belang is van die
Owerheid en die behoorlike beheer en regulering van drankaangeleenthede;
b hy of sy gediskwalifiseer is om as lid aan te bly van die Owerheid ingevolge artikel 12;
c hy of sy sonder verlof van die voorsitter vir langer as twee agtereeenvolgende vergaderings van die Owerheid afwesig was.
Die LUR kan, onderhewig aan artikel 14, enige toevallige vakature in die
Owerheid vul vir 'n tydperk soos wat die LUR mag bepaal.
HOOFSTUK 4
VERGOEDING EN ADMINISTRASIE VAN DIE OWERHEID
Ampstermyn en vergoeding van lede van die Owerheid
 'n Lid van die Owerheid moet aangestel word vir 'n tydperk van hoogstens drie 
jaar soos wat die LUR mag bepaal en is benoembaar vir her-aanstelling aan die einde van die aanvanklike termyn.
Geen persoon is benoembaar vir meer as twee 2 agtereenvolgende termyne nie.
Lede van die Owerheid wat nie in voltydse diens van die Staat of die Provinsie is nie, kan ten opsigte van hul dienste teen sodanige vergoeding en toelaes betaal word soos deur die LUR vasgestel na oorleg met die Lid van die Uitvoerende
Raad verantwoordelik vir Finansies in die Provinsie.
Aanstelling van hoof uitvoerende beampte
 Die LUR moet, nà oorleg met die Owerheid, 'n hoof uitvoerende beampte aanstel vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar.
Die hoof uitvoerende beampte moet die amp beklee op sodanige voorwaardes met inbegrip van die betaling van vergoeding en toelaes soos wat deur die LUR
bepaal word.
Die hoof uitvoerende beampte is ex officio 'n lid van die Owerheid.
Die hoof uitvoerende beampte moet nie ingevolge artikel 12 gediskwalifiseer wees nie.
Ontruiming van amp deur hoof uitvoerende beampte
 Die hoof uitvoerende beampte moet sy amp ontruim indien -
a hy of sy bedank;
b hy of sy om 'n goeie rede deur die LUR uit sy amp verwyder word en dit in die beste belang van die Owerheid en behoorlike kontrole en regulering van drankaangeleenthede is om so te doen.
Indien die hoof uitvoerende beampte opgehou het om sy amp te beklee, moet die
LUR, binne 'n redelike tydperk en onderhewig aan die bepalings van artikel 15, 'n ander hoof uitvoerende beampte aanstel.
Personeel van die Owerheid
Die Owerheid -
a moet die poste omskryf wat benodig word om die funksies van die Owerheid uit te voer;
b kan personeel aanstel wat benodig word om die funksies van die Owerheid uit te voer;
c moet, in oorleg met die LUR, die diensvoorwaardes van die personeel van die
Owerheid bepaal, met inbegrip van hul vergoeding en toelaes.
Administrasie van die Owerheid
 Die Owerheid moet, na oorleg met die hoof uitvoerende beampte, 'n gedragskode vasstel wat van toepassing is op alle personeellede van die Owerheid en wat regverdigbaar is vir doeleindes van dissiplinêre verrigtinge, om te sorg vir -
a nakoming van die toepaslike wet;
b die doelmatige, doeltreffende en ekonomiese gebruik van die Owerheid se fondse en hulpbronne;
c die bevordering en behoud van hoë etiese standaarde;
d die voorkoming van belangebotsings;
e die beskerming van vertroulike inligting waaroor die Owerheid beskik; en
f professionele, eerlike, onpartydige, regverdige, etiese en billike diens.
Die Owerheid kan van die dienste van persone gebruik maak wat uit die staatsdiens gesekondeer of oorgeplaas is ooreenkomstig die bepalings van die
Die hoof uitvoerende beampte het die bevoegdheid om betrokke te raak by sodanige finansiële transaksies soos wat vereis word vir die bedryf van 'n openbare entiteit, met inbegrip van maar nie beperk tot die bevoegdheid om vennootskappe aan te gaan met ander staatsorgane en om die dienste van kontrakteurs en diensverskaffers te verkry.
Die hoof uitvoerende beampte kan meubels en toerusting aanskaf vir gebruik deur die Owerheid en die administratiewe personeel.
Die Owerheid kan, in oorleg met die LUR, -
a huurooreenkomste aangaan;
b sy bates beswaar; en c ooreenkomste aangaan vir die voorsiening van dienste wat betrekking het op menslike hulpbrone- en finansiële bestuur.
Die hoof uitvoerende beampte moet die verantwoordelike verkope, voorsiening en verbruik van drank of brandspiritus bevorder en die negatiewe maatskaplike gevolge van drank- of brandspiritusmisbruik bekamp en kan sodanige stappe neem soos hy of sy goed dink.
Sittings van die Owerheid
 Die sittings van die Owerheid moet op die datums, plekke en tye gehou word soos deur die voorsitter bepaal.
Die kworum van die sittings van die Owerheid is 50% van die lede plus een, van wie die volgende minstens teenwoordig moet wees -
a die voorsitter of die adjunkvoorsitter; en b 'n persoon soos beoog in artikel 101b.
Die besluit van die meerderheid van die lede teenwoordig by 'n sitting van die
Owerheid is 'n besluit van die Owerheid en in die geval van 'n staking van stemme kan die voorsitter buiten sy gewone stem 'n beslissende stem uitbring.
'n Adjunkvoorsitter moet as voorsitter by vergaderings optree wanneer die voorsitter afwesig is of nie in staat is om op te tree nie.
Indien die voorsitter en adjunkvoorsitter afwesig is, moet die LUR 'n ander lid as waarnemende voorsitter aanstel.
Rekord van sittings
 Die sittings van die Owerheid moet op rekord geplaas word en die voorsitter moet sorg dat sodanige rekord onder alle lede van die Owerheid voor of op die volgende sitting van die Owerheid versprei word.
Die rekord moet aangeneem word by die volgende sitting van die Owerheid en, tensy die teendeel bewys word, moet dit as as 'n ware en korrekte rekord beskou word van die sitting wat dit voorgee om 'n rekord van te wees.
Die rekord wat ingevolge subartikel 2 aangeneem word maak prima facie getuienis uit van die vergadering van die Owerheid.
Die rekord van verrigtinge van die Owerheid moet gehou word deur die hoof uitvoerende beampte en moet gehou word by die kantore van die Owerheid en moet beskikbaar wees vir enige persoon vir doeleindes van naslaan of kopiëring onderhewig aan die betaling van die voorgeskrewe geld en onderhewig aan die bepalings van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 Wet
 Die fondse van die Owerheid bestaan uit -
a geld bewillig deur die provinsiale wetgewer; en b geld wat aan die Owerheid toeval vanaf enige bron wat deur die LUR
goedgekeur word na oorleg met die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir Finansies, met inbegrip van gelde wat ingevolge hierdie
Wet toeval.
Die finansiële bestuur van die Owerheid moet gedoen word onderhewig aan en in ooreenstemming met bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur,
(Wet Nr. 1 van 1999) en dokumente wat ingevolge daarvan uitgereik word.
Die Owerheid is aan die Provinsiale Wetgewer verantwoordbaar.
Inkomste wat aan die Owerheid toeval, behalwe gelde uitgesluit deur nasionale wetgewing, moet jaarliks in die Provinsiale Inkomstefonds soos beoog in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, inbetaal word.
Oudit van die Owerheid
Die finansiële state van die Owerheid moet deur die Ouditeur-generaal ge-oudit word.
HOOFSTUK 5
REGISTRASIEPROSES
Registrasie
 'n Persoon, wat nie gediskwalifiseer is soos beoog in subartikel nie, insluitende enige geregistreerde persoon, kan op die voorgeskrewe wyse en vorm aansoek doen om as mikro-vervaardiger of kleinhandelverkoper van sterk drank, of beide, geregistreer te word.
Onderhewig aan die Nasionale Drankwet, kan 'n mikro-vervaardiger of 'n gemagtigde handelaar van brandspiritus op die voorgeskrewe wyse en vorm aansoek doen om as 'n mikro-vervaardiger of gemagtigde handelaar van brandspiritus registreer te word.
Enige persoon kan geregistreer word as 'n mikro-vervaardiger of kleinhandelverkoper van drank of brandspiritus, of beide, behalwe 'n persoon wat -
a minderjarig is op die datum van indiening van die aansoek om registrasie;
b 'n ongerehabiliteerde insolvent is; of c ten tyde van oorweging van die aansoek opgeneem is ingevolge die Wet op
d skuldig bevind is aan misdryf van hierdie Wet of enige drankwetgewing binne drie jaar wat onmiddelik die datum van aansoek voorafgaan; of e skuldig bevind is, kragtens toepaslike wetgewing, aan 'n misdryf waarvan die elemente nie strook met die oogmerke en doeleindes van hierdie Wet, te eniger tyd -
i nadat hierdie Wet in werking getree het; en ii binne drie jaar wat die datum van aansoek onmiddellik voorafgaan.
Bepaling van aansoek
 Die Owerheid kan -
a verdere inligting vereis met betrekking tot die aansoek; en b 'n aansoek weier indien die applikant nie al die inligting binne die voorgeskrewe tyd voorsien wat ingevolge paragraaf (a) vereis word nie.
Indien die aansoek die bepalings van die Wet nakom, moet die Owerheid die aansoek verder oorweeg met inagneming van die volgende maatstawwe:
a Die applikant se voorgestelde bydrae tot die bekamping van drankmisbruik, insluitende of die applikant enige bedryfsgedragskode onderskryf wat deur die Nasionale Minister goedgekeur is soos beoog in artikel 13 (b)van die
Nasionale Drankwet; en b Die mate waartoe die voorgestelde wetgewing die volgende beperk of bevorder:
i nuwe partye wat die drankbedryf betree;
ii werkskepping binne die drankbedryf;
iii diversiteit van eienaarskap binne die drankbedryf;
iv die doeltreffende werking van die drankbedryf; of v mededinging binne die drankbedryf.
Vir die registrasie van mikro-vervaardiging, kan die Owerheid die applikant se verbintenis tot swart ekonomiese bemagtiging in ag neem.
Wanneer 'n aansoek om registrasie oorweeg word, moet die Owerheid die nodige ag slaan op sake van -
a openbare belang;
b die nabyheid van die voorgestelde perseel tot -
i onderwysinrigtings; of ii plekke van aanbidding;
iii bestaande afsetplekke; en c die verhouding van bevolking teenoor die getal afsetplekke in die betrokke wyk;
d die verslag van die relevante munisipaliteit wat ingevolge artikel 273
ontvang is; en e die verslae, menings, kommentaar en besware beoog in artikels 28 tot 31;
Ná oorweging van die aansoek en al die toepaslike faktore kan die Owerheid óf -
a die applikant registreer, onderhewig aan artikel 25 en Hoofstuk 6; of
b weier om die applikant te registreer.
Indien die Owerheid 'n aansoek weier, moet die Owerheid skriftelik redes verstrek vir die besluit.
Registrasievoorwaardes
 Registrasie is onderhewig daaraan dat die relevante perseel redelik toeganklik is vir doeleindes van inspeksie deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en inspekteurs.
Die owerheid kan ook registrasies uitreik onderhewig aan enige ander redelike voorwaardes.
Registrasie mag nie vir 'n tydperk langer as vyf 5 jaar wees nie, maar 'n aansoek mag van nuuts af ingevolge die bepalings van hierdie Wet ingedien word.
Sertifikaat, geldigheid en openbare kennisgewing van registrasie
 By die registrasie van 'n applikant moet die Owerheid -
a 'n voorgeskrewe sertifikaat van registrasie aan die applikant uitreik; en b die registrasie in die register inskryf.
'n Geldige sertifikaat van registrasie is voldoende bewys dat die geregistreerde ingevolge hierdie Wet geregistreer is.
'n Registrasie -
a word van krag op die datum waarop die applikant die voorgeskrewe gelde betaal; en b bly van krag totdat -
i die registrasie gekanselleer word ingevolge hierdie Wet; of ii die registrasiesertifikaat verstryk.
'n Sertifikaat wat kragtens subartikel 1 uitgereik is, moet -
a te alle tye deur die geregistreerde in 'n opvallende plek in of op die perseel waartoe sodanige sertifikaat verwys, vertoon word;
b deur die geregistreerde in 'n duidelik leesbare toestand, soos uitgereik, gehou word; en
c deur die geregistreerde of sy of haar agent op versoek aan 'n inspekteur of aangewese polisiebeampte voorsien word.
Waar 'n sertifikaat weg of vernietig is of onbruikbaar of onleesbaar word, kan die geregistreerde skriftelik aansoek doen by die Owerheid vir die uitreiking van 'n duplikaatsertifikaat en indien die Owerheid oortuig is dat die sertifikaat werklik verlore of vernietig is of onbruikbaar of onleesbaar geword het, sal dit 'n duplikaatsertifikaat uitreik met die oorhandiging van die onbruikbare of onleesbare sertifikaat, afhangende van die geval.
Aansoekprosedure vir registrasie
 Elke aansoek vir 'n nuwe registrasie moet ingedien word by die relevante plaaslike munisipaliteit in wie se area die registrasie verlang word.
Elke aansoek vir 'n nuwe registrasie moet voorsiening maak vir of vergesel wees van -
a 'n gedetailleerde skriftelike motivering ter stawing van die registrasie waarvoor aansoek gedoen word;
b die bouplanne van die perseel soos goedgekeur deur die relevante munisipaliteit;
c 'n gedetailleerde skriftelike beskrywing van eksterne en interne kenmerke van die perseel waarop die aansoek betrekking het;
d bewys van publikasie in die Provinsiale Koerant en in minstens een plaaslike koerant wat normaalweg in die wyk waar die perseel geleë is, versprei word;
e bewys van betaling van die voorgeskrewe aansoekgelde in die rekening van die Owerheid;
f die volledige besigheidsadres en ligging van die perseel waarop die aansoek betrekking het; en g 'n gesertifiseerde kopie van die identiteitsdokument van die applicant of 'n gesertifiseerde bewys ingeval van 'n trust, consortium, vennootskap of regsentiteit.
By ontvangs van die aansoek, moet die plaaslike munisipaliteit -
a die aansoek na die Owerheid stuur; en b 'n verslag gereed kry vir indiening by die Owerheid binne die voorgeskrewe tydperk wat die inligting bevat wat beskryf word in artikel 28 .
By ontvangs van die aansoek deur die Owerheid, moet genoemde Owerheid die volgende aanvra -
a 'n verslag van 'n drankinspekteur betreffende die aansoek wat die inligting beoog in artikel 28 insluit, bevat;
b 'n verslag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens betreffende die aansoek, wat inligting betreffende die geskiktheid van die applikant en die inligting beoog in artikel 28 bevat, aanvra.
Verslae oor aansoek
 'n Verslag deur 'n drankinspekteur soos beoog in artikel 27 moet besonderhede gee oor daardie sake wat voorgeskryf word of wat na die mening van die drankinspekteur ten opsigte van die betrokke aansoek in ag geneem moet word.
'n Verslag deur 'n aangewese polisiebeampte beoog in artikel 27 moet besonderhede gee van daardie voorgeskrewe aangeleenthede of wat, na die mening van die aangewese polisiebeampte, ten opsigte van die betrokke aansoek in ag geneem moet word.
'n Verslag van die relevante munisipaliteit soos beoog in artikel 27 moet inligting gee oor -
a die sonering van die betrokke area;
b die impak van omliggende verkeerspatrone, verkeersknope, ingange en uitgange na en van die perseel en parkeringsvereistes;
c omgewingsgesondheid; of d enige ander saak wat, na die mening van die munisipaliteit, ten opsigte van die aansoek om registrasie, in ag geneem moet word.
Besware
 Enige persoon kan, op die voorgeskrewe wyse en binne 21 dae vanaf die datum van publikasie van die kennisgewing in die Provinsiale Koerant, 'n beswaar indien teen die toekenning van 'n registrasie.
Die beswaar moet volledige redes verstrek en volle besonderhede en kontakbesonderhede van die beswaarmaker bevat en vergesel wees van stawende dokumente.
Reaksie op besware
Die applicant moet, binne 'n tydperk van 14 dae van ontvangs vanaf die Owerheid van die beswaar wat ingedien is ingevolge artikel 29, 'n skriftelike antwoord by die
Owerheid indien en 'n afskrif daarvan aan die beswaarmaker stuur.
Aanhoor van besware
 Die Owerheid kan 'n sitting byeenroep op 'n datum, tyd en plek soos deur die voorsitter bepaal, om enige besware teen die betrokke aansoek te oorweeg.
Die applikant en 'n persoon wat 'n beswaar teen die aansoek ingedien het, moet 'n geleentheid gegun word om aangehoor te word en kan deur 'n persoon van sy of haar keuse verteenwoordig word.
'n Verhoor kan uitgestel word en op 'n latere datum, tyd en plek hervat word soos deur die Owerheid bepaal.
Aansoek, registrasie en hernuwingsgelde
 Die LUR kan die volgende voorskryf -
a aansoekgeld wat betaalbaar is met betrekking tot enige aansoek ingevolge hierdie Wet;
b registrasiegeld wat by registrasie betaalbaar is; en c jaarlikse hernuwingsgeld wat deur geregistreerdes betaal moet word.
Die LUR kan ingevolge subartikel 1 verskillende gelde voorskryf vir die verskillende kategorieë applikante of geregistreerdes.
Wysiging van registrasievoorwaardes
 Die Owerheid kan die registrasievoorwaardes van enige geregistreerde heroorweeg en verander onder enige van die volgende omstandighede:
a Indien die geregistreerde die Owerheid in kennis gestel het van enige wesenlike verandering soos beoog in subartikel .
b Op versoek van die geregistreerde en ingedien by die Owerheid op die voorgeskrewe wyse en vorm.
'n Geregistreerde moet die Owerheid op die voorgeskrewe wyse en vorm in kennis stel indien hy of sy van plan is om -
a enige van die aktiwiteite wat kragtens die sertifikaat van sy of haar registrasie te hervestig; of
b die aard of bedryf van enige van die geregistreerde aktiwiteite te verander, op 'n wyse wat wesenlik verskil van dit wat in die aansoek om registrasie gespesifiseer is.
Binne 30 dae na ontvangs van 'n kennisgewing ingevolge subartikel 2, moet die
Owerheid die geregistreerde adviseer dat -
a die Owerheid in die lig van die voorgestelde veranderings òf die registrasievoorwaardes sal hersien; òf b dat die Owerheid die voorgestelde veranderings aanvaar.
Indien die Owerheid registrasievoorwaardes ingevolge hierdie artikel hersien -
a is artikel 24, saamgelees met die veranderings wat vereis word deur die konteks, van toepassing op die hersiening; en b kan die Owerheid nuwe of alternatiewe voorwaardes bepaal -
i slegs met betrekking tot die geregistreerde se wesenlik-veranderde omstandighede, in die geval van 'n hersiening soos beoog in subartikel a of b; of ii tot die mate toegelaat deur artikel 25, inaggenome die omstandighede ten tyde van die hersiening.
Verandering of uitbreiding van geregistreerde perseel
 'n Geregistreerde mag nie enige strukturele verandering, aanbouing of herkonstruksie aanbring aan die geregistreerde perseel nie, behalwe met die toestemming van die Owerheid ná 'n aansoek deur die geregistreerde persoon en indien die Owerheid van mening is dat die voorgestelde verandering, aanbouing of herkonstruksie geskik sal wees vir die doel waarvoor dit gebruik gaan word.
Die Owerheid moet nie toestemming ingevolge subartikel 1 verleen sonder die skriftelike toestemming van die munisipaliteit wat die bouplanne vir die voorgestelde strukturele verandering, aanbouing of herkonstruksie aan die geregistreerde perseel, goedgekeur het nie.
Oordrag van registrasie
 Die registrasiesertifikaat kan na 'n ander persoon oorgedra word indien -
a die geregistreerde, of die persoon aan wie die registrasie oorgedra moet word, op die voorgeskrewe wyse en vorm aansoek doen vir goedkeuring van die oordrag;
b die persoon aan wie die registrasie oorgedra moet word nie gediskwalifiseer is kragtens artikel 23; en c die Owerheid die aansoek oorweeg het en die oordrag goedgekeur het.
Indien 'n aansoek ingevolge subartikel 1 'n oordrag van registrasie voorstel, is artikel 24, saamgelees met die veranderings wat deur die samehang vereis word, van toepassing op daardie aansoek.
Indien 'n geregistreerde persoon beheer verkry oor 'n ander geregistreerde persoon wat in besit is van 'n verskillende kategorie van registrasie, moet die geregistreerde persone die Owerheid op die voorgeskrewe wyse in kennis stel.
Indien twee of meer persone 'n gesamentlike onderneming op die been bring ten einde 'n kategorie van registrasie te vestig wat verskil van die kategorie wat deur elk van hulle besit word, moet 'n nuwe aansoek om registrasie in die naam van die gesamentlike onderneming ingedien word.
Dood, insolvensie of onbevoegdheid van geregistreerde persoon
 Vir die doeleindes van hierdie artikel, sluit die uitdrukking "administrateur" die volgende in:
b 'n likwidateur of trustee van 'n insolvente boedel; en c 'n kurator.
Indien 'n geregistreerde sterf, insolvent raak of onder kuratorskap geplaas word, kan die administrateur van die geregisteerde se boedel, vir doeleindes van administrasie van die boedel -
a in die naam van die boedel voortgaan met die geregistreerde aktiwiteite; of b 'n voorstel maak aan die Owerheid ingevolge artikel 35 om die registrasie aan 'n ander gekwalifiseerde persoon oor te dra.
Enige persoon kan op die voorgeskrewe wyse en vorm by die Owerheid aansoek doen vir die aanstelling van 'n persoon om die geregistreerde aktiwiteite van 'n geregistreerde te bedryf, hangende die die aanstelling van 'n administrateur soos beoog in subartikel .
Voordat 'n aansoek toegestaan word wat ingevolge subartikel 3 gedoen is, moet die Owerheid tevrede wees dat -
a elke persoon wat 'n finansiële belang by die saak het, redelike kennisgewing van die aansoek ontvang het;
b 'n administrateur nog nie aangestel is nie; en c daar redelike gronde bestaan om te glo dat 'n administrateur aangestel sal word.
'n Persoon wat aangestel is ingevolge subartikel 3 kan, vir doeleindes van die administrasie van die boedel, voortgaan met die aktiwiteite in die naam van die boedel, totdat 'n administrateur aangestel word.
Verwydering van registrasie
 'n Geregistreerde kan by die Owerheid aansoek doen vir die verwydering van die registrasie vanaf een perseel na 'n ander een, in welke geval die aansoek prosedure vir registrasie gevolg moet word met betrekking tot die nuwe perseel.
'n Geregistreerde kan by die Owerheid aansoek doen vir die tydelike verwydering van die registrasie van een perseel na 'n ander, met dien verstande dat -
a die voorgestelde perseel geleë is binne dieselfde munisipaliteit;
b die voorgestelde perseel geskik is vir die doel waarvoor die gebruik daarvan beoog word en wat kwessies van openbare belang insluit waarna in artikel
 verwys word; en c die aansoek op die voorgeskrewe wyse en vorm gedoen is ingevolge hierdie
Wet.
Kansellasie en verstryking van registrasie
 'n Registrasie kan gekanselleer word -
a deur die Owerheid, ingevolge subartikel 2;
b vrywilliglik deur die geregistreerde, ingevolge artikel 39; of c as gevolg van sekwestrasie, likwidasie of ontbinding, ingevolge artikel 40.
Die Owerheid kan 'n registrasie kanselleer indien die geregistreerde -
a gediskwalifiseer word op enige van die gronde soos uiteengesit in artikel 23;
b nie 'n registrasievoorwaarde nakom nie; of c nie die bepalings van hierdie Wet nakom nie.
Voordat enige besluit geneem word om registrasie te kanselleer, moet die
Owerheid 'n prosessuele regverdige proses volg soos beoog in die Wet op die
Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000 (Wet Nr. 3 van 2000).
Indien die Owerheid 'n registrasie gekanselleer het, moet die Owerheid die voormalige geregistreerde skriftelik in kennis stel van -
a die kansellering;
b die redes vir die kansellering;
c die datum van kansellering; en d die reg op hersiening soos beoog in die Wet op Administratiewe
Geregtigheid, 2000.
Indien 'n registrasie ingevolge hierdie artikel gekanselleer word, moet die
Owerheid -
a die registrasiesertifikaat kanselleer; en b die register dienooreenkomstig wysig.
'n Registrasie word geregistreer vanaf die datum waarop die Owerheid die voormalige geregistreerde van die kansellering in kennis stel, wat, in die geval van n kansellering ingevolge artikel 39, op die datum moet wees wat deur die geregistreerde gespesifiseer word in die kennisgewing van vrywillige kansellering.
Registrasie verstryk na die verloop van vyf 5 jaar vanaf die datum waarop die registrasie deur die Owerheid uitgereik is.
'n Geregistreerde kan weer aansoek doen vir registrasie op die voorgeskrewe manier en vorm voordat die registrasie verstryk soos verwys in subartikel .
Vrywillige kansellasie
'n Geregistreerde kan die registrasie kanselleer deur die Owerheid skriftelik op die voorgeskrewe wyse en vorm in kennis te stel -
a met vermelding van die persoon se voorneme om die registrasie te kanselleer en redes daarvoor te verstrek; en b 'n datum, minstens sewe dae ná die datum van die kennisgewing, te spesifiseer waarop die kansellering van krag moet wees.
Kansellasie as gevolg van likwidasie, sekwestrasie of dood
 Indien 'n geregistreerde se boedel gelikwideer of gesekwestreer word sonder dat die registrasie ingevolge artikel 35 oorgedra is, moet die likwidateur of trustee van daardie boedel die Owerheid binne ses maande na die sekwestrasie of likwidasie inkennis stel, of binne sodanige langer tydperk as wat die Owerheid op skriftelike versoek mag toestaan.
Indien 'n geregistreerde sterf, moet die ekseketeur van sy of haar boedel die
Owerheid binne drie maande na die sterfte op die voorgeskrewe wyse of vorm in kennis stel, of binne sodanige langer tydperk as wat die Owerheid op skriftelike versoek mag toestaan.
By ontvangs van 'n kennisgewing ingevolge subartikel 1 en 2, moet die
Owerheid die betrokke registrasie kanselleer.
Provinsiale rekord van registrasies
 Die Owerheid moet 'n rekord in stand hou van alle persone wat onder hierdie Wet geregistreer is, met inbegrip van diegene wie se registrasie oorgedra, verander of gekanselleer is.
Die Owerheid moet -
a enige persoon toelaat om die register wat ingevolge subartikel 1 ingestel is na te gaan gedurende gewone kantoorure;
b die register op 'n webtuiste publiseer; en c te eniger tyd aan 'n persoon wat dit aanvra 'n gedrukte afskrif van die register voorsien by betaling van die voorgeskrewe geld.
Enige persoon kan -
a 'n afskrif van 'n registrasiesertifikaat nagaan wat uitgereik is ingevolge hierdie Wet, en b 'n afskrif daarvan bekom, by betaling van die voorgeskrewe geld.
HOOFSTUK 6
BINNEVERBRUIK- EN BUITEVERBRUIKREGISTRASIE
Tipes registrasiesertifikate
 Die volgende registrasiesertifkate kan deur die Owerheid uitgereik word vir die verkope en en voorsiening van drank en brandspiritus -
a Vir verbruik binne die betrokke geregistreerde perseel, naamlik -
i registrasiesertifikaat vir 'n Akkommodasie-onderneming;
ii registrasiesertifikaat vir 'n Restaurant;
iii registrasiesertifikaat vir 'n Klub;
iv registrasiesertifikaat vir 'n Taverne;
v registrasiesertifikaat vir 'n Kroeg;
vii registrasiesertifikaat vir Sorghumbier;
viii registrasiesertifikaat vir 'n Spesiale Geleentheid;
ix registrasiesertifikaat vir 'n Dobbelary; of x registrasiesertifikaat vir 'n Nagklub.
b Vir verbruik buite die betrokke perseel, naamlik -
i registrasiesertifikaat vir 'n Drankwinkel;
ii wynregistrasiesertifikaat vir 'n Kruidenierswinkel;
iii registrasiesertifikaat vir 'n Mikro-vervaardiger van drank;
iv registrasiesertifikaat vir Sorghumbier;
v registrasiesertifikaat vir Brandspiritus;
vi registrasiesertifikaat vir 'n Mikro-vervaardiger van
Brandspiritus; of vii registrasiesertifikaat vir 'n Spesiale Geleentheid.
Indien 'n behoefte ontstaan, kan die LUR verdure kategorieë vir binne- en buiteverbruik van die perseel voorskryf.
Regulasies beoog in subartikel 2 moet binne 30 dae na publikasie daarvan by die provinsiale wetgewer ingedien word, of indien die provinsiale wetgewer nie in sessie is nie, binne 30 dae na die begin van die volgende sessie.
Indien die provinsiale wetgewer die regulasies afkeur, moet die LUR dit herroep.
Plek waar drank of brandspiritus verkoop word
'n Geregistreerde persoon mag nie drank of brandspiritus verkoop vanaf enige plek behalwe die geregistreerde perseel nie, behalwe met die toestemming van die
Owerheid, welke toestemming slegs gegee kan word vir die doel van spesiale geleenthede.
Besigheidsure
Die houer van 'n registrasiesertifikaat kan op enige dag gedurende die voorgeskrewe tye drank verkoop en moet sy of haar besigheid nie later as 30 minute ná die voorgeskrewe tyd sluit vir die verkope van drank nie.
Plek vir binneverbruik van drank
'n Houer van 'n registrasiesertifikaat vir binneverbruik moet sorg dat drank wat kragtens dit verkoop word alleenlik op die geregistreerde perseel verbruik word.
Akkommodasie-onderneming
 Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n akkommodasie-onderneming moet te alle tye 'n bona fide akkommodasie-onderneming op die perseel in stand hou.
'n Rekord moet te alle tye op die geregistreerde perseel gehou word van alle gaste.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir akkommodasie-onderneming moet drank op die geregistreerde perseel aan gaste vir die verbruik van gaste in die akkommodasie-perseel, verkoop.
Restaurant
 Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n restaurant moet te alle tye op die geregistreerde perseel 'n bona fide restaurant bedryf waar etes op gereelde grondslag aan gaste bedien word.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat mag drank slegs aan 'n persoon verkoop wat n ete nuttig op die geregistreerde perseel.
Klub
 'n Klubregistrasie mag nie toegeken word behalwe aan 'n klub ten opsigte waarvan die Owerheid tevrede is dat dit 'n bona fide klub is en dat, volgens die grondwet of die reëls daarvan -
a dit bestaan uit minstens vyftien gewone lede;
b sy bestuur verkies is deur sy lede en die bestuur gereeld vergaderings hou waar daar behoorlik notule gehou word;
c slegs sy lede toegelaat word om te betaal vir geriewe, drank of verversings wat op die perseel van die klub bedien word;
d insoverre die gebruik van sy geriewe deur gaste, met uitsondering van familielede van lede, deur die reëls toegelaat word, mag die getal gaste van enige lid nie by enige geleentheid die getal oorskry wat aldus toegelaat word nie;
e behoorlike rekords, met inbegrip van 'n lederegister, gehou word;
f lede jaarlikse inskrywingsgeld betaal;
g geen wins van die verkope van drank deur die klub aan enige individu toeval nie; en h wat lidmaatskap betref daar nie op grond van ras gediskrimineer word nie.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n klub moet te alle tye op die geregistreerde perseel 'n bona fide klub bedryf ten opsigte waarvan die vereistes van die Wet nagekom word.
Taverne
 Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n taverne moet te alle tye sorg dat die geregistreerde perseel deur soliede mure geskei is van enige ander woning.
Die geregistreerde mag verskillende vorms van ligte musikale vermaak voorsien wat nie desibels oorskry nie soos gereguleer deur munisipale regulasies wat op die geregistreerde perseel van toepassing is.
Drankkroeg
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n drankkroeg moet te alle tye op die geregistreerde perseel vir geriewe sorg soos die voorsiening van ligte etes, dans en vermaak.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir poolklubs moet 'n bona fide poolklub op die perseel bedryf.
Sorghumbier binneverbruik
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir sorghumbier moet slegs sorghumbier verkoop vir verbruik op die geregistreerde perseel.
Spesiale geleenthede
 Slegs geregistreerdes mag aansoek doen vir spesiale geleenthede registrasie.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir spesiale geleenthede moet sorg dat die drank wat by 'n geleentheid voorsien word bedoel is vir verbruik op die perseel ten opsigte waarvan 'n registrasiesertifikaat toegestaan is.
Registreerdes moet aansoek doen vir spesiale geleenthede sertifikaat op die voorgeskrewe wyse en vorm ingevolge hierdie Wet.
Dobbelary
 Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir dobbelary moet drank voorsien vir verbruik op die geregistreerde perseel.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir dobbelary moet 'n wettige dobbelary onderneming op die geregistreerde perseel bedryf.
Nagklub
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n nagklub moet te alle tye fasiliteite instandhou wat dans en lewendige vermaak insluit.
Buiteverbruik van drank of brandspiritus
 Die houer van elke registrasiesertifikaat vir buiteverbruik moet sorg dat geen drank of brandspiritus op die geregistreerde perseel verbruik word nie.
Die houer van registrasiesertifikaat vir 'n drankwinkel moet onder geen omstandighede drank of brandspiritus versprei kragtens hierdie Wet nie.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir mikro-vervaardigers moet sorg dat geen drank of brandspiritus op die geregistreerde perseel verbruik word nie.
 Registrasiesertifikaat vir mikro-vervaardiging moet slegs uitgereik word aan persone wat drank of brandspiritus vervaardig.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir mikro-vervaardiging moet slegs verskaf aan 'n mikro-vervaardiger, 'n kleinhandelverkoper geregistreer ingevolge hierdie
Wet of 'n vervaardiger of verspreider geregistreer ingevolge die Nasionale
Drankwet.
Die bepalings van die Nasionale Drankwet wat op mikro-vervaardigers betrekking het is mutatis mutandis van toepassing op mikro-vervaardigers waarna in hierdie
Wet verwys word.
Drankwinkel
 Onderhewig aan subartikel , kan die houer van 'n registrasiesertifikaat vir 'n drankwinkel drank aan enige persoon wat nie minderjarig is nie, verkoop.
Die houer van die registrasiesertifikaat vir 'n drankwinkel moet sorg dat die drank verkoop word in houers wat behoorlik en dig verseël is.
Kruidenierswyn
 Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir kruidenierswyn moet te alle tye sake as kruidenier doen op die geregistreerde perseel.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir kruidenierswyn mag nie enige drank behalwe wyn verkoop nie.
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir kruidenierswyn mag nie drank in 'n houer verkoop met 'n inhoudsmaat van meer as vyf liter en wat nie behoorlik en dig verseël is nie.
Sorghumbier buiteverbruik
Die houer van 'n registrasiesertifikaat vir sorghumbier mag nie sorghumbier in 'n houer met 'n inhoudsmaat van meer as vyf liter verkoop nie en wat nie behoorlik en dig verseël is nie.
HOOFSTUK 7
NAKOMING
Aanwysing van polisiebeamptes
 Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan enige polisiebeampte aanwys van die rang of bo die rang van Sersant as aangewese polisiebeampte.
Die aangewese polisiebeampte moet verslae soos beoog in die Wet saamstel.
Ten einde die funksies in subartikel 2 uit te voer, mag die aangewese polisiebeampte enige relevante perseel in ooreenstemming met bepalings van hierdie Wet, betree.
'n Aangewese polisiebeampte mag -
a gedurende die tye wanneer 'n persoon gemagtig is ingevolge hierdie Wet om drank of brandspiritus te voorsien, die perseel of enige deel van die betrokke perseel inspekteer of enige plek waar drank gestoor word ingevolge 'n bepaling kragtens hierdie Wet, betree;
b te enige tyd, enige perseel, plek of voertuig betree en deursoek, of enige persoon of voorwerp, of dit op daardie perseel of plek of voertuig gekry is of nie, indien -
i daar redelike gronde is om te vermoed dat 'n misdryf besig is om gepleeg te word ingevolge hierdie Wet op daardie perseel of plek of voertuig, of wat besig is om gepleeg te word deur daardie persoon of deur middel van daardie voertuig of voorwerp, of dat dit besig is om gebruik te word in verband met die uitvoering van sodanige misdryf;
of ii daar redelike gronde bestaan om te vermoed dat -
aa daardie persoon drank of brandspiritus in sy of haar besit het, voertuig of voorwerp;
bb drank of brandspiritus, voertuig of voorwerp gehou op daardie perseel of in daardie plek;
cc drank of brandspiritus gehou in daardie voertuig of voorwerp;
dd 'n voorwerp gehou in daardie voertuig; of ee 'n voorwerp gehou in enige houer, strydig is met hierdie Wet of in verband met sodanige strydigheid;
c enige perseel of plek waar drank of brandspiritus besig is om verkoop te word betree en aandring dat die registrasiesertifikaat wat sodanige verkope magtig, aan hom of haar getoon word;
d te enige tyd 'n rekord of ander dokument wat ingevolge hierdie Wet vereis word om gehou te word, inspekteer.
Aanwysing van inspekteurs
 Die Owerheid -
a kan 'n werknemer van die Departement aanwys as 'n inspekteur, wat beklee is met algemene of bepaalde magte om gesag uit te oefen ingevolge hierdie
Wet; en b moet aan elke inspekteur 'n sertifikaat op die voorgeskrewe vorm uitreik wat vermeld dat die daardie persoon as inspekteur aangewys is.
'n Geldige sertifikaat uitgereik ingevolge subartikel 1b is voldoende bewys van die gesag van die inspekteur wie se naam daarop verskyn.
Die LUR kan die Minister van Justisie versoek om inspekteurs aan te stel as vredebeamptes soos omskryf in artikel 1 van die Strafproseswet, 1977 Wet Nr. 51
van 1977, ten einde die magte uit te oefen wat deur die wet aan 'n vredesbeampte verleen is.
Funksies en magte van inspekteurs
 'n Inspekteur kan -
a klagtes ondersoek wat op die voorgeskrewe wyse en vorm by hom of haar ingedien word; en b onderhewig aan hierdie Wet of enige ander wet wat die inspekteur die bevoegdheid verleen om 'n inspeksie uit te voer -
i nakoming van hierdie Wet of daardie wet monitor en toepas; of ii 'n inspeksie kragtens hierdie Wet uitvoer.
Onderhewig aan artikel 70 en subartikels 4 tot 6, kan 'n inspekteur -
a enige persoon ondervra wat die inspekteur redelik glo oor inligting beskik wat met die inspeksie verband hou;
b enige persoon ondervra wat aanwesig is op enige perseel waar 'n inspeksie uitgevoer word, ten opsigte van enige saak wat die inspekteur redelikerwys glo verband kan hou met die inspeksie;
c enige dokument inspekteer wat -
i 'n persoon ingevolge die Wet of enige ander toepaslike wet moet byhou; of ii toepaslik kan wees op enige drankverwante inspeksie;
d 'n afskrif maak van enige dokument waarna verwys word in paragraaf c, of indien nodig, die dokument verwyder om 'n afskrif daarvan te maak;
e monsters neem van enigiets wat die inspekteur redelikerwys glo met die inspeksie verband hou;
f vir doeleindes van die inspeksie, foto's neem of oudio-visuele opnames maak van enigiets of enige persoon, proses, handeling of toestand wat betrek word by die inspeksie op of wat verband hou met enige perseel; en g alles doen wat redelikerwys nodig is om die inspeksie uit te voer.
'n Inspekteur kan gedurende 'n inspeksie vergesel word deur 'n lid van die Suid-
Afrikaanse Polisiediens en enige ander persoon wat redelikerwys benodig word om bystand te lewer by die uitvoering van die inspeksie.
Voordat 'n aanvang geneem word met 'n inspeksie op enige terrein of perseel ingevolge hierdie artikel, moet die inspekteur -
a bewys lewer van identiteit aan die eienaar of ander persoon in beheer van die perseel;
b aan daardie persoon verduidelik kragtens watter bevoegdheid die ispeksie uitgevoer word; en c aan die persoon die inspekteur se sertifikaat van aanstelling toon.
Voordat 'n persoon ingevolge hierdie Hoofstuk ondervra word, moet 'n inspekteur eers die persoon inlig oor sy of haar toepaslike Grondwetlike regte.
'n Antwoord wat aan 'n inspekteur verskaf word mag nie gebruik of toegelaat word in strafregtelike verrigtinge nie teen die persoon wat dit verskaf nie, behalwe in verrigtinge teen daardie persoon wat verband hou met -
a die administrasie of afneem van 'n eed of plegtige verklaring;
b die aflê van valse verklarings; of c die versuim om wettige vrae volledig en bevredigend te beantwoord.
Plig om dokumente voor te lê, vrae te beantwoord en inspekteur by te staan
 Enige persoon wat in besit is van 'n dokument wat relevant is vir 'n inspeksie moet op versoek van die inspekteur sodanige dokument voorlê.
'n Eienaar of bewoner van enige terrein of perseel moet toegang verleen tot enige fasiliteit en bystand wat redelikerwyse benodig word deur 'n inspekteur om op effektiewe wyse 'n ondersoek te kan uitvoer.
'n Persoon wat deur 'n inspekteur ondervra word ingevolge hierdie Hoofstuk moet elke vraag eerlik en tot die beste van sy vermoë beantwoord.
Nakomingskennisgewings
 Indien 'n inspekteur redelikerwys glo dat enige bepaling van hierdie Wet of 'n voorwaarde van registrasie nie nagekom is nie, kan die inspekteur 'n nakomingskennisgewing op die voorgeskrewe vorm uitreik aan -
a die geregistreerde; of b die eienaar van die geregistreerde perseel of 'n persoon in beheer van die geregistreerde perseel.
'n Nakomingskennisgewing soos beoog in subartikel 1 moet die volgende uiteensit -
a die bepaling wat nie nagekom is nie;
b besonderhede oor die aard en omvang van die nie-nakoming;
c enige stappe wat gedoen moet word en die tydperk waarbinne daardie stappe gedoen moet word; en d enige boete wat ingevolge hierdie Wet opgelê kan word indien daardie stappe nie gedoen word nie.
'n Nakomingskennisgewing soos beoog in subartikel 1 bly van krag totdat 'n inspekteur 'n nakomingsertifikaat soos beoog in subartikel ten opsigte van daardie kennisgewing uitreik.
Indien daar voldoen is aan die vereistes van 'n nakomingsertifikaat, moet die inspekteur 'n nakomingsertifikaat uitreik.
Beswaar teen nakomingskennisgewing
 Enige persoon aan wie 'n nakomingskennisgewing uitgereik is kan teen dit beswaar aanteken deur vertoë te rig aan die Owerheid binne -
a 21 dae vanaf ontvangs van daardie kennisgewing; of b sodanige langer tydperk as wat by aanvoer van goeie redes deur die
Owerheid toegelaat kan word.
Na oorweging van enige vertoë deur die beswaarmaker en enige ander toepaslike inligting, kan die Owerheid enige nakomingskennisgewing of enige gedeelte daarvan, verander, bevestig of kanselleer.
Die Owerheid moet 'n afskrif van die kennisgewing wat gedoen is ingevolge subartikel aan die beswaarmaker beteken en, indien die beswaarmaker nie 'n persoon is wat ingevolge hierdie Wet geregistreer is nie, aan enige geregistreerde persoon wat deur die kennisgewing geraak word.
Indien die Owerheid die kennisgewing of enige gedeelte daarvan bevestig of verander, moet die beswaarmaker daardie kennisgewing nakom binne die tydperk wat in die kennisgewing gespesifiseer word.
Tussentydse bevele
 Die Owerheid kan, onder buitengewone omstandighede, en na aansoek deur 'n inspekteur of 'n polisiebeampte, en waar daar 'n naderende dreigement is vir die gesondheid, welstand of veiligheid van die publiek, 'n tussentydse bevel toestaan wat registrasie opskort.
'n Aansoek ingevolge subartikel 1 mag nie toegestaan word nie tensy -
a dit ondersteun word deur 'n beëdigde verklaring wat die feite wat op die saak betrekking het, uiteensit;
b bewyse ingedien word dat die aansoek en ondersteunende verklarings nie vroeër as agt-en-veertig uur voor die indiening van die aansoek op die geregistreerde beteken is; en c dit uit die aansoek blyk dat die saak dringend is.
'n Bevel wat ingevolge subartikel 1 toegestaan word, moet op die geregistreerde beteken word soos deur die Owerheid aangewys en tree in werking op die datum en tyd van die betekening daarvan.
'n Bevel wat ingevolge subartikel 1 toegestaan word moet 'n datum stipuleer waarop die geregistreerde voor die Owerheid moet verskyn om redes aan te voer waarom dit nie 'n finale bevel gemaak moet word nie.
Die geregistreerde kan, vòòr die datum gestipuleer in subartikel 4, 'n kennisgewing van opposisie by die Owerheid indien en moet daarna beëdigde verklarings indien waarin hy of sy redes aanvoer waarom die aansoek teengestaan word en moet daar terselfdetyd 'n afskrif van sodanige kennisgewing en beëdigde verklarings aan die inspekteur of polisiebeampte beteken word na wie in subartikel verwys word.
'n Geregistreerde kan te eniger tyd voor die datum wat ingevolge subartikel 4
gestipuleer word by die voorsitter aansoek doen om die saak ter rolle te plaas om op 'n vroeëre datum aangehoor te word, en moet terselfdetyd 'n afskrif van sodanige aansoek beteken aan die inspekteur of aangewese drankbeampte na wie in subarttikel verwys word.
Die voorsitter kan gelas dat die keerdatum vervroeg word na 'n vroeëre datum.
Op die datum waarop die aansoek aangehoor word kan die Owerheid die tussentydse bevel ophef of bevestig, onderhewig aan sodanige wysigings soos wat dit goed ag.
Hersiening van besluite van die Owerheid
Besluite van die Owerheid soos beoog in hierdie Hoofstuk is onderhewig aan hersiening dermate voorsiening daarvoor gemaak word, en in ooreenstemming met die
Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000 Wet Nr. 3 van
Betreding met 'n lasbrief
 'n Inspekteur kan enige terrein of perseel betree as 'n landdros 'n lasbrief uitgereik het om sodanige terrein of perseel te betree of inspekteer.
'n Landdros kan 'n lasbrief uitreik om enige terrein of perseel te betree indien gebaseer op inligting onder eed, die landdros rede het om te glo dat -
a dit nodig is om inligting in die belang van die publiek te verkry, wat nie rederlikerwys verkry kan word sonder om die terrein of daardie perseel te betree nie; of b daar is geen nakoming met hierdie Wet nie.
'n Lasbrief ingevolge subartikel 2 kan uitgereik word te eniger tyd en moet ingevolge die bepalings van die Strafproseswet, 1977 (Wet Nr. 51 van 1977)
gedoen word.
'n Lasbrief uitgereik ingevolge subartikel 2 is geldig tot -
a dit uitgevoer is;
b dit gekanselleer word deur die landdros wat dit uitgereik het of, in die afwesigheid van die landdros, deur enige ander regterlike beampte;
c die doel waarvoor dit uitgereik is, verstryk het; of d 90 dae verloop het na die datum van sy uitreiking.
Voordat daar begin word met enige inspeksie, deursoeking of beslagneming, moet n inspekteur wat 'n lasbrief het -
a indien die eienaar of persoon in beheer van die terrein of perseel teenwoordig is -
i hom- of haarself identifiseer, sy of haar aanwysing wys of bewys voorsien daarvan;
ii 'n afskrif van die lasbrief aan daardie persoon of enige persoon daarin genoem gee; of
b indien die eienaar of persoon in beheer van die terrein of perseel afwesig is of weier om 'n afskrif te aanvaar, 'n afskrif van die lasbrief op die terrein of perseel aanbring op 'n prominente en sigbare plek.
Betreding sonder 'n lasbrief
 'n Inspekteur wie nie 'n lasbrief in sy of haar besit het nie, kan die volgende betree en inspekteer -
a geregistreerde persele;
b terrein of persele indien gemagtig word deur 'n ander wet; of c met die toestemming van die eienaar of persoon in beheer van terrein of die perseel.
'n Inspekteur moet hom- of haarself aan die persoon in beheer van die perseel identifiseer en sy of haar magtiging verduidelik en bewys lewer van sy of haar aanwysing.
'n Inspeksie sonder 'n lasbrief moet alleenlik uitgevoer word gedurende normale besigheidsure.
HOOFSTUK 8
MISDRYWE, STRAWWE EN KLAGTES
Misdrywe
 Dit is 'n misdryf om -
a die bepalings van hierdie Wet te oortree of versuim om dit na te kom; of b te versuim om enige registrasievoorwaarde wat kragtens hierdie Wet opgelê
is, na te kom.
'n Persoon mag nie -
a weier om 'n inspekteur toegang te verleen tot persele wat die inspekteur gemagtig is om te betree;
b met 'n inspekteur inmeng, hom of haar dwarsboom of verhinder wat ingevolge hierdie Wet sy of haar mag uitoefen of pligte uitvoer nie;
c weier om 'n dokument of inligting aan 'n inspekteur te voorsien wat wettiglik van die persoon ingevolge hierdie Wet vereis word nie;
d valse of misleidende inligting aan 'n inspekteur voorsien nie;
e onwettiglik die eienaar van enige perseel, of 'n persoon wat in diens is van die eienaar, verhoed om die perseel binne te gaan ten einde die vereistes van hierdie Wet na te kom nie;
f hom of haarself voordoen as -
i 'n geregistreerde; of ii 'n inspekteur;
g die volgende vervals of sonder magtiging verander nie -
i 'n registrasiesertifikaat wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is; of ii 'n magtiging van 'n lasbrief, nakomingskennisgewing of nakomingsertifikaat soos beoog in Hoofstuk 7;
h versuim om die nakomingskennisgewing uitgereik ingevolge Hoofstuk 7, na te kom;
i 'n perseel betree sonder 'n lasbrief onder omstandighede waar 'n lasbrief vereis word;
j strydig teen 'n lasbrief optree wat uitgereik is ingevolge Hoofstuk 7;
k sonder magtiging 'n perseel betree of inspekteer; of l enige inligting openbaar maak wat verband hou met die finansiële of bedryfsake van enige persoon wat verkry is in die uitoefening van enige bevoegdheid of uitvoering van enige plig ingevolge hierdie Wet, behalwe -
i aan 'n persoon wat daardie inligting benodig om ingevolge hierdie
Wet 'n mag uit te oefen of 'n plig uit te voer;
ii wanneer die openbaarmaking gelas word deur 'n bevoegde hof; of iii indien openbaarmaking geskied ter nakoming van die bepalings van enige wet.
'n Persoon wat -
a dronk is in of op -
i perseel waarop drank of brandspiritus verkoop word;
ii 'n plek waar die publiek toegang tot het;
b drank of brandspiritus verkoop of voorsien aan 'n dronk persoon of as registrant of persoon in beheer van die perseel 'n dronk persoon toelaat om op die geregistreerde perseel te bly;
c drank of brandspiritus koop vanaf enige persoon wetende of redelike gronde oor beskik om te vermoed, dat sodanige persoon nie geregistreer is of nie toegelaat word om drank of brandspiritus te verkoop ingevolge hierdie Wet of die Nasionale Drankwet nie;
d onderhewig aan subartikel 4, enige drank of brandspiritus verbruik in enige pad, straat, steeg of deurgang, of op oop terrein wat daaraan grens, in 'n stadsgebied of ander gebied wat onderverdeel is in erwe of persele met strate deur sodanige erwe of persele begrens word;
e drank of brandspiritus op enige private perseel verbruik of besit sonder dat die toestemming van die eienaar of wettige okkupeerder van daardie perseel verkry is;
f enige drank of brandspiritus inbring, besit of verbruik op 'n sportterrein, of enige deel daarvan, waartoe die publiek toegang het of verleen word ongeag of toegang teen betaling verleen is behalwe op geregistreerde persele wat op die sportterrein geleë is, is skuldig aan 'n misdryf.
'n Persoon wie in beheer is van die geregistreerde perseel mag nie 'n persoon wat n wapen in sy of haar besit het toelaat om die perseel te betree nie.
Subartikel 3d is nie van toepassing nie met betrekking tot -
a die verbruik van drank op oop terrein beoog in daardie subartikel indien die drank op daardie terrein kragtens 'n binneverbruiklisensie verkoop is;
b 'n sosiale geleentheid wat op daardie terrein gehou word deur 'n persoon aan wie die terrein behoort of wat dit wettig okkupeer; of c die gebruik van daardie terrein deur daardie persoon in die gewone loop van sy of haar okkupasie daarvan.
By die toepassing van subartikel 3e word enigiemand wat die betrokke perseel okkupeer as 'n werknemer van die eienaar of wettige okkupeerder van die terrein waarop daardie perseel geleë is, geag nie die wettige okkupeerder van die perseel te wees nie.
Strawwe
 Enige persoon wat die bepalings van hierdie Wet oortree of wat versuim om dit na te kom, is by skuldigbevinding blootgestel aan 'n boete of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar, of beide 'n boete en sodanige gevangenisstraf.
By skuldigbevinding of betaling van 'n boete of skulderkenning kragtens hierdie
Wet, kan enige opbrengs van die misdryf, insluitende die drank of brandspiritus waarop beslaggelê is, verbeur word ingevolge die bepalings van die Wet op die
Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998 (Wet Nr. 121 van 1998).
Toerekening van kriminele aanspreeklikheid
 Indien 'n bestuurder, agent of werknemer 'n misdryf pleeg deur 'n handeling uit te voer of versuim om uit te voer en sodanige uitvoering of versuim 'n misdryf sou uitmaak as dit deur 'n geregistreerde persoon gedoen is, is daardie persoon net so skuldig aan die misdryf indien die handeling of versuim binne die bestek val van die gesag of indiensneming van die bestuurder, agent of betrokke werknemer en die persoon -
a die handeling deur die bestuurder, agent of betrokke werknemer òf oogluikend toelaat òf daartoe instem; of b nie alle redelike stappe geneem het om die handeling of versuim te verhoed nie.
Vir doeleindes van subartikel 1 is die feit dat 'n persoon instruksies uitgereik het wat 'n handeling of versuim verbied, nie op sigself voldoende bewys dat alle redelike stappe geneem is om die handeling of versuim te verhoed nie.
Klagtes
 Enige persoon wat gegrief voel oor aktiwiteite by 'n geregistreerde perseel kan op n voorgeskrewe wyse skriftelik 'n klagte by die Owerheid indien.
'n Gegriefde persoon wat die LUR kan oortuig dat hy of sy nie oor die nodige finansiële middele beskik om die Hooggeregshof te nader soos beoog in artikel 68, om 'n besluit te hersien van die Owerheid soos beoog in subartikel , kan by die
LUR appél aanteken binne 30 dae vanaf die datum waarop die kennisgewing van die Owerheid se beslissing ontvang is.
Die LUR kan die besluit van die Owerheid beoog in subartikel 2 bevestig, wysig of tersyde stel.
'n Besluit van die LUR ingevolge hierdie artikel is onderhewig aan hersiening dermate voorsiening daarvoor gemaak word, en in ooreenstemming met die Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000 (Wet Nr. 3 van 2000).
Verwydering vanaf perseel
 'n Geregistreerde, sy of haar agent of werknemer kan enige persoon verwyder wat dronk, geweldadig of onbetaamlik of wie se teenwoordigheid op die geregistreerde perseel die registreerde onderhewig kan maak aan vervolging.
'n Geregistreerde, sy of haar agent of werknemer kan 'n polisiebeampte versoek om 'n persoon waarna in subartikel verwys word, te verwyder of behulpsaam te wees met die verwydering.
HOOFSTUK 9
REGULASIES
Bevoegdheid om regulasies uit te vaardig
Die LUR kan regulasies uitvaardig -
a wat deur hierdie Wet vereis of toegelaat word; of b wat nodig of dienstig geag word om voorgeskryf te word ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik.
Prosedure by die uitvaardiging van regulasies
 Voordat 'n regulasie uitgevaardig word, moet die LUR -
a toepaslike stappe doen om alle persone in kennis te stel wat dalk wesenlik of nadelig deur die regulasie of kennisgewing geraak kan word en hulle om kommentaar te vra;
b die regulasie of kennisgewing in die Provinsiale Koerant te publiseer en kommentaar van die publiek te vra; en c enige kommentaar wat ontvang is en enige aanbeveling deur die Raad oorweeg.
'n Beslissing deur die LUR ingevolge hierdie Hoofstuk is onderhewig aan hersiening dermate daar vir dit voorsienig gemaak is in, en in ooreenstemming met, die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 2000Wet Nr.
van 2000.
HOOFSTUK 10
ALGEMENE BEPALINGS
Beperking van aanspreeklikheid
Nòg die Staat nòg enige staatsorgaan of persoon wat enige bevoegdheid uitoefen of enige plig ingevolge hierdie Wet uitoefen is aanspreeklik vir enige verlies of skade wat die gevolg is van 'n handeling of versuim te goeder trou in die uitoefening van sodanige gesag of die uitvoering van sodanige plig.
Geldigheid van registrasie onderhewig aan opskorting en verstryking daarvan
 'n Registrasie wat opgeskort is ingevolge enige bepaling van hierdie Wet bly in alle opsigte geldig, behalwe dat die lisensiehouer nie drank of brandspiritus ingevolge daarvan mag verkoop gedurende die opskortingstydperk nie.
Die registrant wie se registrasie opgeskort, gekanselleer is of verstryk het, kan binne dertig dae van sodanige opskorting, kansellering of verstryking, enige drank op die perseel op die datum waarop die opskorting, kansellering of verstryking in werking getree het, verkoop per openbare veiling wat gehou word deur 'n gelisensieerde afslaer.
'n Registrasie wat verstryk het is van nul en gener waarde vanaf die datum waarop dit verstryk het.
Delegasie van bevoegdheid
 Die LUR kan alle of 'n gedeelte van die bevoegdheid van die LUR ingevolge hierdie Wet aan die Hoof van die Departement of 'n beampte van die
Departement wat deur die Hoof van die Departement aangewys word, delegeer, behalwe die bevoegdheid om regulasies uit te vaardig.
Die LUR kan te eniger tyd 'n delegasie van bevoegdheid kragtens hierdie artikel herroep, en daardie bevoegdheid regstreeks uitoefen.
Die hoof uitvoerende beampte kan enige bevoegdheid van die hoof uitvoerende amptenaar ingevolge hierdie Wet aan 'n personeellid van die Owerheid delegeer.
Die Owerheid kan, onderhewig aan sodanige voorwaardes soos wat hy mag vasstel, skriftelik enige bevoegdheid of funksie wat hom verleen of opgelê is kragtens hierdie Wet, delegeer aan -
a die hoof uitvoerende beampte;
b die voorsitter;
c 'n komitee van lede; of d 'n komitee van lede en personeel.
'n Delegasie kragtens subartikel 4 verhoed nie die Owerheid sigself om die bevoegdheid uit te oefen of die funksies uit te voer nie.
 Enige lisensie tesame met sy voorwaardes wat van krag was onmiddellik voor die aanvang van hierdie Wet, wat uitgereik is ingevolge die Drankwet, 1989 Wet Nr.
van 1989, word beskou as 'n lisensie wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is.
'n Kennisgewing uitgereik ingevolge artikel 33 van die Drankwet, 1989, en wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag is, moet beskou word as die skriftelike voorwaardes ingevolge hierdie Wet.
Nieteenstaande die herroepping van enige wet as gevolg van die inwerkingtreding van hierdie Wet, moet enige aansoek wat voor sodanige inwerkingtreding gedoen is oorweeg en afgehandel word in ooreenstemming met die bepalings van die wet ingevolge warvan dit ingedien was.
Enige lisensie soos beoog in subartikel 1, tensy andersins bepaal deur die
Owerheid ten tyde van aansoek, sal na drie jaar vanaf die datum van implementering van hierdie Wet verstryk.
Enige toestemming, goedkeuring of voorreg wat aan die lisensiehouer ingevolge die Nasionale Drankwet of enige Wet wat daardeur herroep is, toegestaan is, wat nie teenstrydig is met die bepalings van hierdie Wet, word geag toestemming, goedkeuring of voorreg te wees ingevolge hierdie Wet.
'n Persoon aangewys as polisiebeampte of inspekteur ingevolge die Drankwet,
, word geag as sodanig aangewys te wees ingevolge hierdie Wet.
Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Vrystaatse Drankwet, 2007, en tree in werking op 'n datum wat deur die Premier by wyse van proklamasie in die Provinsiale Koerant bepaal moet word.
